Die Mededingingstribunaal - Aangestelde lid | Prof Imraan Valodia, Tribunaallid (deeltyds)

Prof Imraan Valodia

Tribunaallid (deeltyds)

BCom (Unisa), BCom Hons (Natal), MSc (Lancaster), DEcon (UKZN)

Professor Valodia het 'n doktorsgraad in Ekonomie van UKZN. Sy navorsingsbelangstellings sluit in indiensneming, die informele ekonomie, geslag en industrialisasie. Hy koördineer tans 'n internasionale studie, in 10 stede, van die informele ekonomie. Sy mees onlangse boek doen verslag oor die metodologie en navorsingsbevindinge van 'n drie jaar lange navorsingsprojek, wat in agt lande uitgevoer is, oor die geslagsimpakte van belasting. Hy het in vooraanstaande internasionale joernale gepubliseer en is een van slegs 'n handjievol Suid-Afrikaanse ekonome met 'n NNS B-gradering. Hy dien op 'n aantal ekonomiese beleidsforums en het saam met toonaangewende internasionale ontwikkelingsorganisasies gewerk, insluitend die Verenigde Nasies se Navorsingsinstituut vir Maatskaplike Ontwikkeling, die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, UN Women, die Wêreldbank, en Women in Informal Employment: Globalizing and Organizing , onder andere. Professor Valodia is 'n deeltydse lid van die Mededingingstribunaal en 'n Kommissaris op die Diensvoorwaardekommissie.