Tipe materie | Partye betrokke | Tribunaalbeslissing |
---|---|---|
Groot samesmelting | Old Mutual Corporate Ventures (Edms) Bpk en Fairheads Benefit Services (Edms) Bpk en Fairheads Financial Services (Edms) Bpk | Goedgekeur sonder voorwaardes |
Die Mededingingstribunaal het die voorgestelde samesmelting onvoorwaardelik goedgekeur waarin Old Mutual Corporate Ventures (Edms) Bpk (“OMCV”) 'n belang in Fairheads Benefit Services (Edms) Bpk (“FBS”) en Fairheads Financial Services (Edms) Bpk (“FFS”) (gesamentlik die “teikenfirmas”) sal verkry. Na die implementering van die voorgestelde transaksie sal OMCV en Vunani Capital (Edms) Bpk (“Vunani”) die teikenfirmas gesamentlik beheer.
OMCV is deel van 'n gediversifiseerde finansiëledienstegroep wat pensioen-, voorsorg- of aftree-annuïteitsfondsdienste aan individuele en korporatiewe kliënte bied. Hierdie produkte vereis dikwels administrasiedienste, waar begunstigdes minderjarig is of waar voordele onopgeëis bly. OMCV bestuur begunstigde- en onopgeëisde voordeelfondse uitsluitlik vanuit sy eie aftreeprodukte. Hierdie dienste is nie beskikbaar vir derde partye nie. Dit kontrakteer sommige van hierdie administrasie uit aan FBS en FFS.
Beide FBS en FFS word deur Vunani beheer. FBS administreer begunstigde- en onopgeëisde voordeelfondse en FFS verskaf opsporingsdienste aan FBS om begunstigdes op te spoor en te kontak.
Uitgereik deur:
Gillian de Gouveia, Kommunikasiebestuurder
Namens die Mededingingstribunaal van Suid-Afrika
Sel: +27 (0) 82 410 1195
E-pos: GillianD@comptrib.co.za
Twitter: @comptrib
Terug na Mediavrystellings