Tipe materie Partye betrokke Tribunaalbeslissing
Groot samesmelting Amka Products (Pty) Ltd en die welstandsegment van die Baba-afdeling van Tiger Consumer Brands Ltd (Babawelstandbesigheid) Goedgekeur sonder voorwaardes
Groot samesmelting Pepkor Trading (Edms) Bpk en die besigheid wat besit en bedryf word deur Good Hope Sales Cape (Edms) Bpk bekend as Choice Clothing Goedgekeur sonder voorwaardes
Groot samesmelting FPG Holdings (Pty) Ltd en Shoprite Checkers (Pty) Ltd ten opsigte van die onroerende eiendom bekend as Sitari Village Centre Goedgekeur sonder voorwaardes
Groot samesmelting Amandlamanzi Resources (Pty) Ltd en Mylotex (Pty) Ltd se Springlake Colliery Goedgekeur met voorwaardes
Groot samesmelting Bidvest Branded Products Holdings (Pty) Ltd en LK Plating Services (Pty) Ltd, LK Products (Pty) Ltd en Brandco Online (Pty) Ltd Goedgekeur met voorwaardes
AMKA Produkte (Edms) Bpk en die welstandsegment van die Baba-afdeling van Tiger Consumer Brands Ltd (Babawelstandbesigheid)

Die Mededingingstribunaal (“Tribunaal”) het die voorgestelde samesmelting onvoorwaardelik goedgekeur waardeur Amka Products (Edms) Bpk (“Amka Produkte”) van voorneme is om die welstandsegment van die Baba-afdeling van Tiger Consumer Brands Beperk (die “teikenbesigheid”) as ’n lopende saak te verkry. Na samesmelting sal Amka Produkte alleenbeheer oor die teikenbesigheid uitoefen.

Die verkrygende groep (Amka Produkte, sy beheerde firmas en sy beherende firmas) is 'n Suid-Afrikaanse onderneming wat in die gesondheids- en skoonheidsbedryf bedrywig is.

Die teikenbesigheid werk binne Tiger Consumer Brands se Baba-afdeling, en bied 'n reeks persoonlike versorgingsprodukte vir babas en medisinale produkte.

Pepkor Trading (Edms) Bpk en die besigheid wat besit en bedryf word deur Good Hope Sales Cape (Edms) Bpk bekend as Choice Clothing

Die Tribunaal het die voorgestelde samesmelting onvoorwaardelik goedgekeur waardeur Pepkor Trading (Edms) Bpk (“Pepkor”) van voorneme is om die besigheid wat deur Good Hope Sales Cape (Edms) Bpk (“Good Hope”) onder die handelsnaam Choice Clothing (die “teikenbesigheid”) bedryf word, as ’n lopende saak te verkry. Na samesmelting sal Pepkor slegs die teikenbesigheid beheer.

Die verkrygende groep (Pepkor en sy filiale) is 'n kleinhandelaar van klere, skoene, huisware, meubels, toestelle en elektronika. Sy kleinhandel van klere en huishoudelike tekstiele is van relevansie vir die voorgestelde transaksie.

Choice Clothing is 'n afslagkleinhandelaar wat spesialiseer in klere, skoene, bykomstighede en huishoudelike tekstiele.

FPG Holdings (Edms) Bpk en Shoprite Checkers (Edms) Bpk ten opsigte van die onroerende eiendom bekend as Sitari Village Centre

Die Tribunaal het die voorgestelde samesmelting onvoorwaardelik goedgekeur ingevolge waarvan FPG Holdings (Edms) Bpk (“FPG Holdings”) voornemens is om ’n onroerende eiendom en winkelsentrum van Shoprite Checkers (Edms) Bpk (“Shoprite”) bekend as die Sitari Village Centre (die “teikeneiendom”) te bekom. Ná samesmelting sal FPG Holdings alleenbeheer oor die teikeneiendom uitoefen.

Die FPG Groep belê in en besit kantoor-, kleinhandel- en nywerheidseiendomme. Sy kleinhandeleiendomme in die Wes-Kaap is van belang vir die voorgestelde transaksie.

Die teikeneiendom is 'n kleinhandelbuurtwinkelsentrum wat in Kaapstad geleë is.

Amandlamanzi Resources (Pty) Ltd en Mylotex (Pty) Ltd se Springlake Colliery

Die Tribunaal het voorwaardelik die voorgestelde samesmelting goedgekeur waardeur Amandlamanzi Resources (Edms) Bpk (“Amandlamanzi”) van voorneme is om al die bates van Mylotex (Edms) Bpk se Springlake Colliery te verkry. Die Tribunaal het die voorgestelde transaksie goedgekeur onderhewig aan voorwaardes wat kwessies van openbare belang aanspreek.

Die verkrygende groep (Amandlamanzi en die firmas wat dit beheer) is 'n Suid-Afrikaanse mynmaatskappy.

Mylotex se Springlake Colliery is 'n ondergrondse myn in KwaZulu-Natal.

Bidvest Branded Products Holdings (Pty) Ltd en LK Plating Services (Pty) Ltd, LK Products (Pty) Ltd en Brandco Online (Pty) Ltd

Die Tribunaal het, onderhewig aan 'n voorwaarde wat 'n kontraktuele bepaling behels, die voorgestelde samesmelting goedgekeur waardeur Bidvest Branded Products Holdings (Edms) Bpk (“Bidvest Branded”) van voorneme is om LK Plating Services (Edms) Bpk, LK Products (Edms) Bpk en Brandco Online (Edms) Bpk (die “teikenfirmas”) te verkry. Na samesmelting sal Bidvest Branded alleenbeheer oor die teikenfirmas uitoefen.

Bidvest Branded is 'n volfiliaal van die Bidvest Groep Beperk. Relevant vir die voorgestelde transaksie is die verkrygende groep se verskaffing van buitekooktoerusting en verwante bykomstighede deur Bidvest Branded.

Die teikenfirmas is aktief in die vervaardiging, verkoop en bemarking van buitekooktoerusting en verwante bykomstighede.

Uitgereik deur:

Gillian de Gouveia, Kommunikasiebestuurder

Namens die Mededingingstribunaal van Suid-Afrika

Sel: +27 (0) 82 410 1195

E-pos: GillianD@comptrib.co.za

Twitter: @comptrib

Terug na Mediavrystellings